Abstract:
'n Studie is op die vlakhaas in die Willern Pretorius-wildtuin vanaf Januarie 1975 tot September 1977 uitgevoer. Tydens die studie is aspekte soos reproduksie, enkele morfologiese en fisiologiese aspekte, habitatsvoorkeure, aktiwiteite, loopgebiede en territoria onder soek. Uit 'n monster van vlakhase wat maandeliks versamel is, is gevind dat die vlakhaas die hele jaar teel maar 'n duidelike hoof-teelseisoen kom tussen Julie en Desember voor waartydens 76,72 persent van die jaarlikse dragtigheid voorkom. Die hoof-teelseisoen van die mannetjie, gebaseer op testisvolume, strek van Junie tot Januarie. Die verandering in dagliglengte is die vernaamste omgewingsfaktor wat 'n invloed op die teelseisoen het. Hormoonkonsentrasies van LH, FSH, ISH, estrogeen en testosteroon in die bloedstroom is ook bepaal. Tydens ovulasie word 'n maksimum van drie ova afgeskei maar die meeste werpsels (76,5 persent) het slegs een embrio gehad. 'n Volwasse wyfie produseer gemiddeld 4,13 werpsels en 4,69 kleintjies per jaar. Die volwasse wyfie is gerniddeld 225 g swaarder as die volwasse rnannetjie. Beide geslagte toon 'n toenarne in die niervetindeks voor die hoof-teelseisoen. Volgens die bynierindeks is die vlakhaasbevolking aan spanning onderhewig gedurende die maande Mei, Junie en Julie. Weens groot variasie binne en tussen die maande kon geen tendense in die miltindeks verkry word nie. Die vlakhaas kom slegs in agt van die sewentien veldtipes in die Willem Pretorius-wildtuin voor. Hierdie veldtipes kom hoofsaaklik op die vlaktes en lae rante voor. Die kolhaas daarenteen kom hoofsaaklik op die vlaktes en lae rante voor en gee hoofsaaklik vir veldtipes in bebosde dele en rante voorkeur. Binne 'n veldtipe gee die vlakhaas voorkeur aan 'n lae plantdigtheid en planthoogte. Uit 'n uurlikse aktiwiteitsopname is gevind dat die vlakhaas geen voorkeur aan 'n bepaalde gedeelte van die nag gee nie. 'n Hoër intensiteit in aktiwiteite asook relatief meer pare is egter gedurende die hoof-teelseisoen gevind. Die gemiddelde loopgebiede van 'n vlakhaaswyfie is 8,25 ha teenoor die 6,49 ha vir 'n vlakhaasmannetjie. Die loopgebiede het slegs op die grense oorvleuel. Die afstande tussen die middelpunte van die loopgebiede was groter tussen die mannetjies as tussen die wyfies of tussen mannetjies en wyfies.