Abstract: 'n Studie is op die vlakhaas in die Willern Pretorius-wildtuin vanaf Januarie 1975 tot September 1977 uitgevoer. Tydens die studie is aspekte soos reproduksie, enkele morfologiese en fisiologiese aspekte, habitatsvoorkeure, aktiwiteite, loopgebiede en territoria onder soek. Uit 'n monster van vlakhase wat maandeliks versamel is, is gevind dat die vlakhaas die hele jaar teel maar 'n duidelike hoof-teelseisoen kom tussen Julie en Desember voor waartydens 76,72 persent van die jaarlik...